Riaan Croucamp

 

Jurie Snyman

 

Fransa Goosen

 

DIE ONTSTAAN EN GESKIEDENIS VAN SUSAL KONSTRUKSIE

 

1981 is die jaar wat Jurie en Susan Snyman SUSAL KONSTRUKSIE in Pretoria begin.

 

Jurie is steeds verbonde aan 'n Argiteksfirma met Susan wat sorg dat die bouwerk vlot verloop.

 

Vandaar ook die naam.........Sue sal die werk doen (SUSAL).

 

Aan die begin was dit slegs aanbouings en veranderinge aan geboue.

 

Mettertyd het nuwe geboue gevolg.

 

Met nou genoeg bou ondervinding , 'n Slapte in die Argitekskantoor en 'n bouer wat nie 'n projek in Margate voltooi nie, laat Jurie die besluit neem om 'n skuif te maak en sodoende die projek te gaan voltooi.

 

'n Groot besluit om na 16 jaar die veiligheid van 'n kantoor te verruil vir die onsekere.

 

In 1984 voltooi SUSAL KONSTRUKSIE die eerste projek suksesvol.

 

Daarna volg 'n tweede en die res is geskiedenis.

 

Bekendheid is veral verkry deur die "cabana styl" woonstelle in die Manaba omgewing. Feitlik almal opgerig deur SUSAL KONSTRUKSIE. Van die projekte slegs as kontrakteurs, ander as ontwikkelaars / kontrakteurs.

 

Gert Snyman, Jurie en Susan se seun sluit hom ook aan by SUSAL KONSTRUKSIE.

 

Alhoewel hy nog aandele besit bekwaam hy hom intussen as vlieënier en beklee nou 'n pos as Kaptein by Emirates Lugredery.

 

1996 Sluit Riaan Croucamp as projekbestuurder aan by SUSAL KONSTRUKSIE.

 

Riaan neem later Susan se aandele oor en gee haar die geleentheid om te gaan rus na vele jare by SUSAL KONSTRUKSIE.

 

Met Riaan se toewyding en kundigheid toegevoeg, kon dit nie anders nie.

 

SUSAL KONSTRUKSIE gaan hiervandaan van krag tot krag.

 

Bewys van SUSAL KONSTRUKSIE se voortreflikheid, is die vele tevrede klante wat oor en oor van SUSAL KONSTRUKSIE se dienste en kundigheid gebruik maak. Ook die talle klante wat nou ons vriende is.

 

SUSAL KONSTRUKSIE is ook een van slegs vier geakrediteurde kontrakteurs op die gesogte San Lameer Landgoed.